https://givingmore.co.za/media/com_jbusinessdirectory/pictures/companies/835/kleinebelalogo-1534411496.png

Kleine Bela Familie - Oord

Map Location

Close map(X)

Description

Kleine Bela-familie-oord bied uitstekende weer en sonskyn die hele jaar en is binne 'n gerieflike 90 minute se ry vanaf Pretoria.


'N WARE FAMILIE ERVARING


Kleine Bela is versprei oor 55ha van 'n ongerepte natuur en bied die ideale plek met pragtige skadu bedekte karavaan en kampeerplekke om jouself te laat herondek in die natuur en dit is wat Kleine Bela anders maak. Kleine Bela is die tuiste van baie voëlspesies en is ideaal vir die voëlkyker terwyl die res van die gesin langs die swembad ontspan. Bring jou fiets en neem 'n asem varslug in die natuur. Kleine Bela bied ook pasgemaakte pakkette, of dit nou vir 'n intieme troue van 30 is of 'n groot wit troue van 130, 'n "doen-dit-self" geleentheid, verjaarsdae of herdenkings, ons venue het die fasiliteite en kundigheid om jou droomgeleentheid 'n realiteit te maak. Van gesinsbesprekings tot groep besprekings is welkom want hier word niemand weggewys nie. Alhoewel Kleine Bela nog nie tot sy volle potensiaal ontwikkel is nie, nooi ons jou uit om saam met ons die pad te kom stap, en ons sal jou wegbreek vir jou en die gesin 'n onvergeetlike en ontspannende ervaring maak.


VERBLYF


Kleine Bela het skaduryke, gras woonwa en tent staanplekke met 'n kragpunt by elke staanplek. Kleine Bela bied ook self-sorg akkommodasie aan vir gesinne of groot groepe afhangende van beskikbaarheid. Die ablusie geriewe is van natuurlike klip wat te alle tye netjies en skoon gehou word en is ingerig met n stort en wasbak wat privaatheid verseker vir elke kampeerder. Daar is ook baddens vir jonger kinders beskikbaar. Netjiese algemene opwasgeriewe is ook beskikbaar.


GROUP BESPREKINGS


* Hier is 'n ablusie met 4 gesinsbadkamers, ten volle geteel.
* 'n Groot swembad.
* Hier is 'n kroeg, let wel die dranklisensie is nog in proses.
* Hier is 'n oopsaal onderdak met tafels wat 60 mense kan huisves.
* Dit is ook geskik vir troues of enige groot geleentheid.
* ‘n Groot boma met 2 braaiers vir ongeveer 60 mense.
* Tussen die 2 dele is groot boomryke tuine wat dit ideaal maak vir troues of enige buitelug geleenthede.


BESOEK ONS WEBWERF VIR MEER INLIGTING

Eersbewoon Rd, Bela-Bela, Limpopo, South Africa
Content responsible

Directory Search | All Combined Categories

Giving More Logo